Laerskool Rooihuiskraal het ook besluit om te help om geld in te samel vir die Anushka van Rooyen projek. Die reaksie was ongelooflik. Die kinders het letterlik en figuurlik met sakke en bokse vol geld by die skool aangekom.
Daar is R7 566.14 ingesamel by die Rooimiere. Dankie oukies dit word waardeer!